Monday, July 20, 2009

sprokies boek prinses


Jy vat n lepel en jy roer my

diep in my binneste skommel jy my

jy vat my gevoelens en pak dit op n rak

herrangskik en rearrange en dan als weer terug pak


opgekrap en deurmekaar

sit ek nou na jou en staar

jy figure my uit en ken my te goed

as jy iemand perfek soek

lees eerder n sprokies boek


daar maak alles altyd sin

die koning en sy koningin

die meisie is perfek en mooi

haar gevoelens uitgepak en terug gegooi


Nou sit ek maar op n klip

en hoop dat jy my sal aanvaar soos ek is

sonder dat jy my skommel,regpak of rearange

vat my net

dan sal jy soveel meer kry

No comments:

Post a Comment